So sit Wit Bobbejaan en WilleBoer gisteraand die lief, leed en humor om ons en bespreek met 'n "lekker koue een" in die regter vuis.
Soos wat ons filosofiese vermoens verbeter (en die koues minder word) begin ons ons gewig-en-gesondheid toestand dissekteer..... JA...ons is oorgewig(eintlik erg dik)...met bloedruk en...yada,yada,yada ens. ........ die koues is 'n groot deel van die probleem.....ja beslis!!!
Wit Bobbejaan sit sy koue neer en verklaar die eiende van die verhouding...
WilleBoer reken dis ongeskik om 'n halwe koue so aan sy lot oor ta laat......
Wit Bobbejaan reken hy is klaar met die verhouding, so hy gee nie juis om oor die koue een se gevoelens nie.....
Wille boer reken daar is meriete in die logika en verwerp net daar en dan sy koue een.....
Net daar begin ons die reels vir die pad voorentoe neerle....
1) Geen koues nie tot 20\12\2010
2) Gesond en minder eet....
3) 5 Kg per maand vir 5 maande
So tussen die reel-maak-sessie staan ons op, loop kombuis toe en kry elk-een 'n koppie koffie..............
No comments:
Post a Comment