Thursday, August 5, 2010

Gisteraand oppad huis toe reken ek aan wyfie bobbejaan dat ons eers op Willeboer se werf moet draai.
Daar aangekom vind ek die man heel onkarakterestiek sonder 'n bier in sig! Nee beduie die man hy is rotsvas op die smalle weg en is gedetermineerd om daar te bly.
Hy en die skaal het wel nog 'n samewerkings probleem maar hy is "solid"....onmiddelik word die beskuldigde nader gesleep sodat ek hom onder 2 voete kan spreek, en jou werklik, daar is 2 Kg op AWOL !!Onmiddelik tree ek in die bresse vir die arme skaaltjie deur hom tot 'n eerlike en opregte instrument te verklaar wat my volle vertroue het.

Die 2de saak op die agenda is effe moeiliker op my hart..........As gevolg van omstandighede moet "DAAI BIKE VAN JOU" (soos Wyfie bobbejaan hom so liefdevol noem)
en my se paaie skei (snuif) Hy het my, my kruis ligment gekos, en Dinsdag aand het ek my been weer seer gemaak.......Dit was lekker maar dis nou klaar.......MAAR op die "OP" kant kon ek die skyding toe gebruik om vir my 'n ander "tooi" te onderhandel.
Ek wou nog altyd 'n 750il V12 BMW besit het.....nie as gebruiks voertuig nie ...net vir 'n "tooi"...............Wyfie Bobbejaan reken dis beter as "DAAI BIKE VAN JOU"...Sooo....

Tot ons weer saam skerpejoene grawe

(Ek het baie aan jou gedink gister MA Cobie)

2 comments:

  1. Hoe gaan ek nou op 'n Saterdag weet dis jy wat kom inloer as ek nie daai raasding hoor nie?

    ReplyDelete
  2. Willeboer...jy kyk net uit vir die groot blink ding

    ReplyDelete