Friday, July 22, 2011

Die 12 prop

Het nog altyd 'n verlang-jeuk in myselwers rond gesleep om 'n 750il BMW te ry...maar daai waens val nie oorals uit nie. Gebeur dit toe dat ek een opspoor wat nie my uintjie hoop sal vernietig nie....en so maak ons dan. Daar le nog baie werk voor want die motor word gerestoreer en is vanplan om 'n stappievirstappie bloggerasie te doen soos ons vorder....met kiekies en alles!!
Wyfie bojaan is ook heel opgewonde oor die beemer-bou, ek moet by vertel dat sy gedryg het om my met wiele en al die krans te verban es ek weer met 'n ingilse brul-kat daar aan kom, sy reken 2 was klaar te veel .................ek wou nog jamaarmamma toe sien ek hoe die mal koei in haar oogies wakker word, en net daar vloog ek om en gaan besig myself met visgereedskap skoonmaak in die mannetjie vesting

Monday, June 13, 2011

four by four

Ja, toe trek die troppie na 'n ander krans toe...naby aan Wyfie bojaan se soutmyn....maar dis 'n smal kransie....erg smal ......en kort, en maak nie saak hoe ek die garage meet, pas en pak nie vir al my presjis-rubbish EN die kar is daar nie saam plek nie! Om dinge nog meer interesant te maak MOES ek mos 'n MERC aanskaf...en die moet nou buite slaap tot ek van my Goodies minder gemaak kry.

Toe op 15 Mei gebeur die 4x4 ding met my en voel oud en skriklik versiestog oor my sellers! Ek was dan nog nouie dag net 21 ....ek maak my self staanmaak voor die spiel in net my short-broek en begin "battle-damage stocktake" doen! Dit vat nie lank voor die lys my verder depress nie. Geen wonder die jong Keese begin so stywe ruggies maak nie...die Bojaan is oppie afraande!

Ek trek my stadig aan stap yskas toe....gryp 'n lang koue uit oom Charles se stal uit, maak my op my gunsteling sitplek tuis....hopelik sal die Bulls se rugby my laat beter voel.

Monday, March 21, 2011

OPVANG SE DINGE!

oooooo..... Vrekkels !!!! hierrie nuus is nou al so oud dis al hiestoerie!!
1) verkoop toe die Plat anna!!!...... Eich die ding se binne is klein....erg klein ...jy klim nie in nie , jy Install jou selwers!!
2) Noeu soek ek iets bainje groot en bainje vinnig......en kort voor lank staan daar 'n Ingelse kat voor die garage.....'n mooi blou JAGUAR SOVEREIGN....'n LIMO nogals!......en daar spit en poliesh ons alweer!
3) En daar gaan die wille-boer en wit -bojaan troppe toe saam bos toe!!!
die hoof primate instaleer hulle sellers toe in die hoge-stoel offies langs die swembad, en hou toe alles in stig van daar af ....die lekker was so groot dat ouma bo-jaan en wille-ouma die Macerena langs die swembad doen!
...............Dankie Willeboer.... jy is een eg broer!!!
................oooo , ja daar word doie Willeboer en die Wit-bolaan toe KOKORIBA se FEAR-FACTOR CHAMPS!!!!

4) Ongelukkig moes wit-bojaan se trop 'n nuwe krans gaan soek ....Die nuwe krans is wel baie naby aan Wyfie bojaan se uintjie grawe plek .....maar dis 'n klein en smal kransie!!

OPVANG SE DINGE!

Monday, October 25, 2010

Die Plat-anna

En weg is "daai bike" toe! Wyfie Bojaan dink dis Krismis of iets! Ek so in my selwers voe ook heel in my skik want sien Ek loop ruil hom toe mos vir so 'n Plat-anna....... "n Mitsibushi GTO of soos die Willeboer hom roep 'n "Miesies Bietch"
Te mooi, te rooi te plat en te prastig! Maar voor Ons al Gauting se glimlag-zones kan gaan toets moet daar eers gespit-en-polies worre......BAIE daarvan, maar dit word met 'n jubelende hart gedoen. Goeiebuurman (oom Vic) het hom self as werke inspekteur daar in die garage ge-instaleer (net op te sien dat alles stigertelik verloop en sal net loop as ant Hilda hom huis toe kom jaag vir tee.

Wiileboer en die Ingelsman het ook Saterdag van vroegdag af kom hand bysit

Wyfie bojaan reken die Plat-anna is 'n erg goeie ding, dit hou my in die Garage besig in die aande (en so ook onder haar voete uit innie kombuis)

Ek sit maar net Dankbaar daar innie garage ............virrie eerste keer het ek 'n "tooi" waaroor die wyfie nie vol nukke is nie....................

Monday, October 11, 2010

OOEPS!!

En daar land wit bobbejaan pens en pootjies in die siekke boeg!!

Sit nog lekker by die willeboer en tjol praat die oggend, ry van die se kaia af na my eie kaia via ma-se-pic-en-pa-se-pay en die volgende moet die manne van die plus-bus by daar in die parkeer area van die grond af optel.......Binne oor bloeding by 'n "cochlea" of 'n ding wat geen ordentelike bo-jaan in sy lyf wil he nie!

Willeboer bring vir Wyfie en Klein bobbejane daar aan om te ondersteun en die nodige stress werk te doen.

Word toe later die aand kaia toe verwiller deur die Wyses in die siekeboeg aangesien die mediese fonds dit nie as 'n noodgeval beskou nie en die siekeboeg eis 3000 uintjies om my vir die nag daar te hou.....bid jou aan!

In retrospek....Dankie aan wyfie bo-jaan, Willeboer en Kieterkat vir al julle hulp en bystand...met 'n spisinjale dankie aan Klein Bo-jaan wat almal so op hulle tone gehou het....

Tuesday, September 28, 2010

Lang naweek dinge

Besluit ek en die willeboer om die wyfies en kleintjies op die vakansiedag viswaters toe te sleep.....maar nie sommer net nie , o nee, ons het die naweek voor die tyd al vir ons 'n "grend" stok-stander gebou wat jouwaar 5 stokke kan huisves......maar nie ek of hy besit 'n heel visstok nie! net Klein-bojaan het een....maar iewers moet die uitvoer van 'n goeie plan begin.
Teen 6 uur die vrydag oggend is Willeboer se bus so vol gepak dat klein-bojaan nie net kan klim nie....hy moet "geinstaleer" worre...maar daar gaan ons met die wille boer wat versigtig suig aan 'n "gelaaide" koppie boeretroos.
......en daar tref die @@@@ die waaier........
Gaan soek nou 'n vangplekkie op Roodeplaat dam op 'n lang-naweek....dis soos 'n twede-handse doodskis ....nerens te kry nie!!
Gelukkig sien Die willeboer na omtrent 'n uur se "SORRY ONS IS VOL" ''n klein bordjie wat beduie daar is piekniek plek...wel ons was desperaat, maar daar ontdek ons 'n wegsteek juweel ....groen grasperke tot op die wal...mooi braai geriewe ....swembad ....Klipdrif kantoor....en so meer, man te gaaf..... (wie en waar is tot UITERS GEHEIM geklasifiseer vir verdere gebruik.....

O ja ons het nie een vir gevang nie(klein-bojaan het wel 'n beursie uit die water uit gevis met 5 Ingelse pond in!)......maar dit was volgens my 'n uiters suksesvolle vis ekspedisie!!