Monday, August 16, 2010

die sage gaan voort

...en daar bevind wille boer hom selwers pens en pootjies in die siekkeboeg!! ...Endie man is siek , erg siek... my hart huil vir hom (vir my selwers ook ...ek mis die bogger!!!

met die gewig ding gaan dit uiters goed.Daar is al 7Kg op AWOL, en dit hou nie op nie.
Maar van een ding is ek seker as dit by diet kom...

.......Ek is nou 100% seker 99% van al die maermaak pille is 'n lot bollie (net efektief saam met 'n diet se die aanwysings) LMGA ....en oja ..jy moet stadig gewig verloor(ons wil jou vir meer as 6 m...aande bedonner met ons pille) Ek het elke so-genaamde diet-wet by die venster uit gegooi, my kop reg gekry en ophou vreet, en daar tuimel my gewig(en ek vrek nie van die honger nie)
(klein geheim -mens sien min vet Hindu's--dalk hoe hulle eet---geen vleis, hulle lewe sonder vleis-en kom niks oor nie) Nou hoekom MOET ons Vleis eet volgens die pilletjie mense?? OOOOO ja JYMAG NIE VINNIG VERLOOR NIE ...sleker sleg vir besigheid......

Die Naweek was iets heel van noot af,erg versteurd. Met die wille Boer in die kooi was die uitsig vir iets opwindend maat bleek.Reken ek toe vir wyfie bo-jaan ons bly ook innie kooi(maar van sleg, nie siek)Iets wat ek nooit doen nie kooi-plek is slaap en s...... Effe te wel daar le ons toe en lees tot middag tyd toe Anders maar tog lekker.

Thursday, August 5, 2010

Gisteraand oppad huis toe reken ek aan wyfie bobbejaan dat ons eers op Willeboer se werf moet draai.
Daar aangekom vind ek die man heel onkarakterestiek sonder 'n bier in sig! Nee beduie die man hy is rotsvas op die smalle weg en is gedetermineerd om daar te bly.
Hy en die skaal het wel nog 'n samewerkings probleem maar hy is "solid"....onmiddelik word die beskuldigde nader gesleep sodat ek hom onder 2 voete kan spreek, en jou werklik, daar is 2 Kg op AWOL !!Onmiddelik tree ek in die bresse vir die arme skaaltjie deur hom tot 'n eerlike en opregte instrument te verklaar wat my volle vertroue het.

Die 2de saak op die agenda is effe moeiliker op my hart..........As gevolg van omstandighede moet "DAAI BIKE VAN JOU" (soos Wyfie bobbejaan hom so liefdevol noem)
en my se paaie skei (snuif) Hy het my, my kruis ligment gekos, en Dinsdag aand het ek my been weer seer gemaak.......Dit was lekker maar dis nou klaar.......MAAR op die "OP" kant kon ek die skyding toe gebruik om vir my 'n ander "tooi" te onderhandel.
Ek wou nog altyd 'n 750il V12 BMW besit het.....nie as gebruiks voertuig nie ...net vir 'n "tooi"...............Wyfie Bobbejaan reken dis beter as "DAAI BIKE VAN JOU"...Sooo....

Tot ons weer saam skerpejoene grawe

(Ek het baie aan jou gedink gister MA Cobie)

Tuesday, August 3, 2010

Sit...skuus...le en lees gisteraand aan een van Daleen Mathee se boeke...die vrou se skrywerasies het nog altyd siel-snare geroer. Nou ek het al Kringe gelees...en geniet, maar skielik sit ek kierts regop .


Die mens is die mees selfsugtige wese wat daar is
................Die mens kies om genadig te wees solank dit nie tussen hom en baie ander goed kom staan nie.

So hoveel genade is daar dan in daardie genade, of is dit meer iets wat die mens doen om goed te voel? Is dit nie dan deel van sy selfsug (self-gratification) nie?

Iets om oor te dink tot ons weer saam uintjies grewe.......

Sunday, August 1, 2010

So sit Wit Bobbejaan en WilleBoer gisteraand die lief, leed en humor om ons en bespreek met 'n "lekker koue een" in die regter vuis.
Soos wat ons filosofiese vermoens verbeter (en die koues minder word) begin ons ons gewig-en-gesondheid toestand dissekteer..... JA...ons is oorgewig(eintlik erg dik)...met bloedruk en...yada,yada,yada ens. ........ die koues is 'n groot deel van die probleem.....ja beslis!!!

Wit Bobbejaan sit sy koue neer en verklaar die eiende van die verhouding...
WilleBoer reken dis ongeskik om 'n halwe koue so aan sy lot oor ta laat......
Wit Bobbejaan reken hy is klaar met die verhouding, so hy gee nie juis om oor die koue een se gevoelens nie.....
Wille boer reken daar is meriete in die logika en verwerp net daar en dan sy koue een.....

Net daar begin ons die reels vir die pad voorentoe neerle....

1) Geen koues nie tot 20\12\2010
2) Gesond en minder eet....
3) 5 Kg per maand vir 5 maande

So tussen die reel-maak-sessie staan ons op, loop kombuis toe en kry elk-een 'n koppie koffie..............