En weg is "daai bike" toe! Wyfie Bojaan dink dis Krismis of iets! Ek so in my selwers voe ook heel in my skik want sien Ek loop ruil hom toe mos vir so 'n Plat-anna....... "n Mitsibushi GTO of soos die Willeboer hom roep 'n "Miesies Bietch"
Te mooi, te rooi te plat en te prastig! Maar voor Ons al Gauting se glimlag-zones kan gaan toets moet daar eers gespit-en-polies worre......BAIE daarvan, maar dit word met 'n jubelende hart gedoen. Goeiebuurman (oom Vic) het hom self as werke inspekteur daar in die garage ge-instaleer (net op te sien dat alles stigertelik verloop en sal net loop as ant Hilda hom huis toe kom jaag vir tee.
Wiileboer en die Ingelsman het ook Saterdag van vroegdag af kom hand bysit
Wyfie bojaan reken die Plat-anna is 'n erg goeie ding, dit hou my in die Garage besig in die aande (en so ook onder haar voete uit innie kombuis)
Ek sit maar net Dankbaar daar innie garage ............virrie eerste keer het ek 'n "tooi" waaroor die wyfie nie vol nukke is nie....................
Daai wa gaat nog banja djaag! Ek sien blink dinge in daai wa se toekoms hier op TshwaneToria se snelweg/slakkegang netwerk.....
ReplyDelete