Sit en lees my broer op meer as een vlak se Bloggereerings en skielik is dit duidelik dat WIT BOBBEJAAN REDELIK BAIE HET WAAROOR HY NOG WIL BOGGOM!!
Huidige BOGGOM sake sluit o.a. vir FIFA en die WSB in.
Ek het nog altyd 'n hardlywigheid gehaad oor SARFU se Oudmodiese uitkyke en hulle onwilligheid op posetief op kritiek te reageer, MAAR..... hierdie FIFA bere vat die koek....... hulle is Dinosaurusse!!!om te dink dat in 'n sport waar spelers R1 Mil. PER WEEK verdien is dit te duur op 'n TV Rev te gebruik!!
Ek stik amper in my uintjies!
As dit so is sal ek wat WIT BOBBEJAAN is vir hulle my ou SONY BETAMAX Video kamera en my ou SONY TRITON T.V. gaan uitgrawe uit die stoor en persent gee ....GRATIS EN VERNIET !! (Hulle is so B.C. dit al soos "new tech" vir hulle wees!)
Waar is die groot geld wat die armes sou kry agv. die WB??????? Ek sal jou vertel, in Mr. Blatter se gatsak!! Bid jou aan jaag 'n hele land op hol met 1001 voorwaardes en beperkings....en dan EIS hy Belasting kwytskelding!!
As ek 'n vandag een van die baie werkloses was het ek vir Danny Jordaan en elke ander swaap wat hier toe help instem het onder klippe gesteek!!
Moet ook byplak dat ek en die Willeboer die ronnebol ding begin geniet, al verstaan ons nog nie alles oor die val en beengryp ding nie...maar dit lyk erg seer!
Miskien moet hierdie ous begin shin-guards of iets dra. Ek sal persoonlik eerder by Rugby bly aangesien mens nie so erg seerkry nie.
......EN DIE BEKER IS BAIE MOOIER!!!